Welkom by Tussen die Maroelas!

maroela_main300“Tussen die Maroelas” het sy oorsprong vanweë die skaduryke Maroelabome waartussen die gastehuis gebou is.Hierdie privaat eiendom is sentraal in Meeresee, Richardsbaai geleë, naby hoofroetes op die Noordkus van KwaZulu Natal.

Dit is loopafstand na die strand, meer, besigheidsentrums, golfbaan en woud.Die eienaars, Susan en Eric Venter, met addisionele liefde en vermaak verskaf deur die skaaphond Hannibal  wat vra dat geen ander troeteldiere saamgebring word nie, bied u ‘n gastehuis met ‘n verskil.Afgesien van ons gereëlde kliente wat of agv besigheid of plesier by ons tuisgaan, word enige nuweling hartlik verwelkom.